TOEKOMSBLIK DEUR DIE Oë VAN GIDEON

Jy, dapper held — God bou iets nuuts!


Hoe lyk ons wêreld vandag? Hoe lyk dit in Suid–Afrika? Vir baie van ons voel dit of ons leef soos Israel in die dae van Gideon — omring deur chaos, onsekerheid en sterk vestings wat nie maklik breek nie. Tog kom God met ’n woord: “You mighty man of valour.”


In hierdie reeks wys God dat Hy besig is om vinnig en kragtig te werk — om iets nuuts te bou, soos in Josua 6:26, bo-op die as van die vestings. Maar wie gebruik Hy? Nie die sterkste of die grootste nie — Hy kies die eenvoudige, die kleinste stam… dalk is dit jý.


In hierdie reeks verken ons:


  • Die uitverkiesing van die nederiges
    God se keuse val nie op die magtiges nie, maar op dié wat Hom geheel en al vertrou.
  • Die kruik wat gebreek word
    Jy is die kruik — jou lewe word stukkend geslaan, maar binne-in moet daar ’n vlam wees: die openbaring van Jesus en die krag van die Heilige Gees.
  • Intimiteit deur kruisiging en oorgawe
    Ware krag lê nie in ons eie wil nie, maar in volkome oorgawe.
  • Die woord van ons getuienis
    Ons het ’n basuin — die woord van ons mond. Deur die woord van ons getuienis en die intimiteit met God, stap ons in ons outoriteit. Want Hy self “sal hom doodmaak met die asem van Sy mond.”


Is jy gereed om op te staan, as 'n dapper held in jou geslag?

Krause Venter - Official Page