Redding - Die Oorgang en God se Oplossing
Baie van ons ontdek eers hoe leeg ons pogings is wanneer ons probeer om onsself te red.
Ons raak vasgevang in godsdienstige sisteme, uiterlike reels en eie krag—maar al wat dit bring, is uitputting en afstand van God.
In hierdie driedelige video-reeks, ontdek ons die hart van ware redding — nie as iets wat ons doen nie, maar as iets wat God vir ons gedoen het.
In die reeks verken ons:
- Hoe ons eie pogings om God te bereik net lei tot valse sekuriteit en godsdienstige gevangenskap. (Deel 1: Die Oorgang)
- Wat dit beteken dat God ‘n ewige verbond met ons gesluit het – en hoe dit ons identiteit en verhouding met Hom bevestig. (Deel 2: Die Verbondsboek)
- Hoe Jesus Christus die Nuwe Verbond vervul het, en hoe dit ons vrystel om in intimiteit met Hom en die Heilige Gees te leef. (Deel 3: Die Nuwe Verbond)
Redding is God se uitnodiging tot verhouding, nie ons prestasie nie.
Is jy bereid om jou eie planne neer te lê en Sy pad van genade en oorvloed te betree?