DIE VERBONDSSLUITING - STERWE
Baie gelowiges wonder hoekom hulle lewens nie altyd die beloftes weerspieël wat God in Sy Woord belowe het nie. Ons lees van oorwinning en nuwe lewe in Christus, maar ervaar dikwels die teenoorgestelde. Hierdie reeks neem jou stap vir stap deur die verbondsluiting — die pad van sterwe in Christus — en wys hoe ons deur Sy genade in ware eenwording met Hom kan leef.
In hierdie reeks verken ons:
- Deel 1: Probleme
Hoekom stem ons lewens nie ooreen met God se beloftes nie? Krause deel sy eie stryd, en dalk herken jy ook jou eie. - Deel 2: Hantering van die Probleme
Ons eie pogings bring ons nie nader aan God nie. Slegs die Heilige Gees kan die verhouding vestig. Hoe hanteer ons die blokkasies wat in ons gedagtes lê? - Deel 3 – Waarom dan ’n verbond
As ek reeds gered is, het ek dan nog ’n verbond met God nodig? Hosea 2:19 wys dat dit gaan oor ’n huweliksverbond — ware eenwording met Christus. - Deel 4 – Jesus as prototipe
Jesus het gesterf en opgestaan — so ook moet ek sterf in Hom en deel kry aan Sy opstanding. My nuwe identiteit lê daarin om myself met Christus te beklee. - Deel 5 – My verbond in Eden
Wat beteken die verbond van Eden vir my vandag? Ware oorgawe lyk anders as wat ons dink. Slegs deur sterwe in Christus ontvang ons die nuwe hart en gees wat Hy belowe. - Deel 6 – Raak ontslae van jou hart: Onderwerping en sterwe
Verbondsluiting vra dat ons sterf aan onsself. Dit is nie my poging nie, maar die werk van Jesus deur die Heilige Gees. God soek nie my prestasie nie, maar my hart.
Is jy gereed om jou eie hart neer te lê en ’n lewe van ware eenwording met Christus te betree?
Die Tempel - Skets

