DIE VERBOND EN DIE VERVALSING - Krause Venter
"En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
- Handelinge 2:38

“Die enigste manier om die vervalsing te herken, is om die oorspronklike goed te ken. Sonder die waarheid, bly ons slagoffers van misleiding.”
- Krause Venter
Wat is die ware betekenis van die verbond wat God met die mens gesluit het? En hoe het daardie verbond oor tyd verdraai geraak?
In hierdie diepgaande en insiggewende boek neem Krause Venter jou op ’n reis deur Skrifwaarhede, misleidings en die kragtige herstel van God se oorspronklike bedoeling.
Hierdie boek is GRATIS beskikbaar vir alle besoekers van Die Dam se webwerf. Jy kan die boek aflaai in pdf formaat of jy kan die boek hier op Die Dam lees.
"Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie."
- Johannes 3:5